Hebron Potchefstroom

Hebron Huis vir haweloses is sowat 14km buite Potchefstroom op die Vereenigingpad (R54) geleë. Die deure is in Junie 2003 gepoen, nadat daar vir twee jaar onder moeilike omstandighede, aan die oprigting van die eerste gebou gewerk is

Hebron Huis vir Haweloses beteken: plek van verbond, vergaderplek, plek van verbinding.

God het ‘n verbond met ons gesluit en onderneem om by hierdie vergaderplek vir ons te sorg.Daar heers ‘n heerlike plaasatmosfeer op Hebron, waar almal stil kan raak en na God se stem kan luister

Die hoofdoel van Hebron is om mense wat haweloos is en niks besit nie, ‘n veilige tuiste te bied, hulle met die Woord van God te bedien, te voed en te klee, te beraad en te bemoedig. Waar moontlik word hul bemagtig en weer na ‘n nuwe werkkring uitgestuur.

Die WOORD VAN GOD kry altyd voorkeur en godsdiensbywoning is verpligtend. Daar is verskeie gemeentes by Hebron betrokke. Leraars hou eredienste en daar word daagliks bybelstudie gehou.

Hebron logo
Hebron inwoners